Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n moontlike styging in die prys van petrol in Oktober terwyl die prys van diesel moontlik kan daal.
Lees ook: Petrolprys styg dalk in Oktober
Die prys van 93-oktaan petrol kan styg met 8 sent per liter en die prys van 95-oktaan petrol kan met 16 sent per liter styg. Die prys van 0.05%-diesel kan met 10 sent per liter daal, terwyl die prys van 0.005%-diesel met 9 sent per liter kan daal.
Dit is nog nie die amptelike pryse nie; die pryse kan moontlik verander voordat dit deur die department van energie en minerale hulpbronne aangekondig word.
Bronne: BusinessTech, The Citizen, SA People
Lees ook: Petrolprys styg dalk in Oktober





