Minister kondig 58,4%-styging in kreefvangs aan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Dr. Dion George, minister van bosbou, visserye en die omgewing, het ’n 58,4%-verhoging in die totale toelaatbare vangs en totale toelaatbare pogings vir die 2025/2026-Weskus-kreefseisoen aangekondig.

Die departement sê in ‘n verklaring die totale toelaatbare vangs styg van 505 ton na 800 ton ná wetenskaplike studies hersteltekens in die bron bevestig het. Die vangseisoen bly beperk tot vier maande per sone (15 November 2025 – 15 Maart 2026) om voortgesette herstel te beskerm. Versoeke aan die minister om die seisoen uit te brei, sowel as naweekvangs in Mei en Junie toe te laat, is van die hand gewys.

Vir ontspanningsvissers is 12 visdae beplan, met datums wat later bevestig sal word. Belanghebbendes kan binne die bepaalde tydperk teen die besluit appelleer.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief