AMHARA, ETHIOPIЁ. – Minstens 30 mense is dood en meer as 200 is beseer nadat die dak van die Arerti Mariam-kerk vroeër die week in Amhara, Ethiopië ineengestort het.
Lees ook: Twee dood en drie beseer in aanval op sinagoge in Manchester
Volgens getuies het die dak ineengestort toe mense op die houtraamwerk geklim het om ‘n skildery wat op die plafon geverf is, te besigtig.
Polisie-inspekteur Ahmed Gebeyehu het gesê die dodetal sal moontlik styg met verskeie mense wat steeds onder die rommel vassit.
Ahmed het gesê die oorledenes is tussen 25 en 80 jaar oud.
Bronne: Africanews, BBC, PEOPLE
Lees ook: Twee dood en drie beseer in aanval op sinagoge in Manchester





