MIANMAR. – Altesaam 24 mense, insluitend kinders, is dood en 47 is gewond nadat ‘n valskermswewer twee bomme op ‘n skare by ‘n Boeddhistiese fees laat val het.
Lees ook: Reddingswerkers bereik vasgekeerde klimmers op Everest
‘n Skare van sowat 100 mense het Maandag bymekaargekom vir die Thadingyut-fees en om te betoog teen die junta wat die land regeer, toe ‘n valskermswewer twee bomme op hulle laat val het.
Amnestie Internasionall het die junta vir hierdie aanval blameer en het gesê hulle gebruik gereeld valskermswewers om gemeenskappe aan te val.
Bronne: BBC, Daily Mail, Times of India
Lees ook: Reddingswerkers bereik vasgekeerde klimmers op Everest





