PARYS, FRANKRYK. – Een persoon is dood en nege is beseer met vier in ‘n kritieke toestand nadat ‘n tornado deur Ermont, Val-d’Oise, Parys gewoed het.
Lees ook: Hittegolf in Noord-Kaap tot Woensdag verwag
Die oorledene (23) was op ‘n bouterrein toe die tornado tref en ‘n hyskraan laat omval het. ‘n Ondersoek is geopen vir moontlike manslag en onbedoelde besering by ‘n werksplek.
Verskeie hyskrane is omgeruk met een wat op ‘n toringwoonstelblok beland het en groot skade veroorsaak het. Bome is met wortels en al uit die grond geruk en dakke is van huise afgewaai.
Sowat 80 lede van die brandweer, 50 polisiebeamptes en 20 noodhulpwerkers was gou op die toneel.
Die plaaslike media berig die tornado het toegeslaan sonder dat daar waarskuwings van die owerheid was.
Bronne: Metro, Daily Mail, The Telegraph





