Kinders oorlede in Russiese aanvalle op Oekraïne

Lees ook :

Kinders oorlede in Russiese aanvalle op Oekraïne fotokrediet: X

OEKRAÏNE. – Sewe mense, insluitend twee kinders, is dood nadat Rusland oornag intensiewe aanvalle op Oekraïne geloods het.

Lees ook: Oekraïne tref Russiese chemiese aanleg met Britse vuurpyle

Volgens president Wolodomir Zelenski is ‘n kleuterskool in Kharkiv tydens die aanvalle getref en is wydverspreide skade in Kijif aangerig.

Minstens 26 mense, insluitend kinders, is in die aanvalle beseer. ‘n Egpaar in hulle 60’s het omgekom nadat hulle gebou in Kijif getref is en ‘n vrou, ses maande oue baba en meisie (12) is ook in die aanvalle oorlede.

‘n Man in Kharkiv is oorlede en verskeie mense is gewond.

Bronne: BBC, CBC, Hiru News

Lees ook: Oekraïne tref Russiese chemiese aanleg met Britse vuurpyle

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief