DONETSK, OEKRAÏNE. – Wolodimir Zelenski, Oekraïense president, het gesê die VSA het voorgestel dat Oekraïne uit dele van Donetsk moet onttrek en ‘n “spesiale ekonomiese sone” skep. Volgens hom bly die kwessie van grondgebied en die beheer van die Zaporizhzhia-kernaanleg die twee vernaamste onopgeloste sake.
Lees ook: Oekraïne en Rusland val mekaar aan te midde van vredesamesprekings
Hy het gesê die VSA het voorgestel dat Oekraïne uit dele van Donetsk moet onttrek en dat Russiese magte moet onderneem om nie die gebied in te gaan nie. Die gebied sal dan ‘n “spesiale ekonomiese sone” of ‘n “’gedemilitariseerde sone’” wees.
Zelenski het gesê dit sal onregverdig wees as net Oekraïne eensydig moet onttrek en dat Rusland dan ook vir dieselfde afstand moet onttrek, want: “Wat gaan Rusland keer van by die gebied ingaan? Of dit binnedring vermom as burgers?”
Hy het gesê Oekraïne gaan moontlik nie die voorstel aanvaar nie – die gevegte sal voortgaan en kan die aard van onderhandelinge verander.
Bronne: BBC, Sky News, CNN
Lees ook: Oekraïne en Rusland val mekaar aan te midde van vredesamesprekings






One Response
https://farmaciabesurica.com/# top farmacia online