VENEZUELA. – ‘n Jet Blue-vliegtuig op pad van Curaçao na New York het net-net ‘n botsing met ‘n Amerikaanse lugmagvliegtuig vermy.
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela
Die vlieënier van die Jet Blue het die lugmagvliegtuig vir die amperse botsing blameer en het gesê hulle het “direk in ons vliegpad ingevlieg. Hulle het nie hulle antwoordsender aan nie, dis belaglik”.
Volgens die vlieënier het die lugmagvliegtuig daarna in Venezuala se lugspasie gaan vlieg.
Bronne: The Independent, CNN, ABC News
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela





