KWAZULU-NATAL. – Vier lede van ‘n familie is Oujaarsaand in die Mdweshule-gebied in Mehlomyamadeur verdagtes wat glo geld geëis en toe met selfone gevlug het, doodgeskiet.
Luidens ‘n verklaring deur lt.kol. Paul Magwaza van die polisie het vier verdagtes na bewering ‘n rondawel se deur oopgeskop waar ‘n vrou saam met haar verloofde was. Die verdagtes was glo met vuurwapens en ‘n kapmes bewapen. Hulle het geld geëis en toe daar geen geld was nie, die verloofde (45) doodgeskiet. Die vrou is daarna glo beveel om die vrou na ander familielede in die hoofhuis te neem. ‘n Ma en haar dogters tussen 31 en 67 jaar oud is doodgeskiet, waarna die verdagtes met twee selfone gevlug het.
Die ondersoek duur voort.





