KWAZULU-NATAL. – Twee persone het in hulle poging om ‘n seekoeikarkas in ‘n rivier uit te kom ná die dier van kant gemaak is. Die seekoei is in ’n strik in die Mfolozirivier naby Monzi vasgevang.
Ezemvelo KZN Wildlife en die iSimangaliso-vleilandpark sê beamptes is Vrydag 25 Januarie 2026 na die toneel ontbied waar die dier in ernstige nood was. Weens modderige terrein, gevaarlike toestande en die risiko vir mense is besluit om die seekoei van kant te maak.
Die karkas kon nie verwyder word nie en het in die rivier agtergebly terwyl opsies oorweeg is. Intussen het lede van die plaaslike gemeenskap probeer om toegang tot die karkas te verkry vir die vleis, wat tot ’n onbeheerbare situasie gelei het. Twee persone het verdrink – een terwyl hy die karkas probeer bereik het en ’n ander tydens ’n soektog na die eerste slagoffer.
Die owerhede het hul medelye aan die families van die oorledenes betuig en die publiek dringend gemaan om weg te bly van wildkarkasse en vol riviere, aangesien dit ’n ernstige gevaar vir mense inhou.

