FiND IT het my so baie geleer

Lees ook :

Ek het hier geleer dat ek tot baie meer in staat is as wat ek gedink het.

Ek het nie besef dat ek binne slegs sewe maande soveel kon groei en leer nie. Dit gaan nog steeds my verstand te bowe.

FiND iT is ‘n plek waar ek myself kan wees, waar ek aanvaar word, maar nog steeds onder soveel druk my beste ten alle tye wil gee.

Ek was nooit ‘n groot voorstander van sosiale media nie, maar hier het ek besef watter groot impak een “post” kan hê, hoeveel mense eintlik belangstel in hulle medemens en wat in hul tuisdorp aangaan. Dit is verbasend hoeveel mense sosiale media gebruik om met ander mense te kommunikeer.

Ek weet FiND iT gaan vir baie jare nog bestaan en ek is so geëerd om deel te wees van dié suksesvolle nuuskoerant!

Baie geluk FiND iT! – Kristen Meyer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief