KWAZULU-NATAL. – Die polisie in dié provinsie sê daar word sterk aanstoot geneem oor wat beskryf word as Calvin Mojalefa Mandlakapheli Mathibeli, van Calvin and Family Security Services, se “kwaadwillige en ongegronde” aantygings deur dié sakeman op sosiale media. Hy beweer onder meer dat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi ‘n opdrag uitgereik het om hom te laat doodmaak.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, het Mathibeli in ’n plasing beweer dat die polisie in die provinsie deur sy mededingers “gevang” is en dat die polisie ’n sogenaamde “vinnig-ryk-word”-skema is. Hy het ook beweer dat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale polisiekommissaris, opdrag gegee het dat hy geskiet en doodgemaak moet word. Die polisie verduidelik egter dat ‘n operasie by Mathibeli se sakeperseel ’n nasionale hoofkantoor-operasie was en dat dit nie deur provinsiale polisie uitgevoer is nie. Vervolgens was die plaaslike polisie nie by die operasie betrokke nie. Netshiunda bevestig die polisie sal nou regsadvies inwin en regstappe teen Mathibeli oorweeg oor wat hulle as beeldskending beskryf. Daar word ook aangedui dat sy bewerings daartoe gelei het dat sy sakebelange onder die loep geneem sal word.
Netshiunda beklemtoon dat enige bewerings van wangedrag deur polisiebeamptes by die toepaslike owerhede aangemeld moet word en nie deur middel van ’n veldtog van onbevestigde aantygings op sosiale media gevoer moet word nie. Volgens die polisie is niemand verhewe bo die wet nie en sal geen aanval op die integriteit van die diens onbeantwoord bly nie.
Lees hier onder wat die sakeman tot kort gelede op sosiale media gedeel het:









