NOORD-KAAP. – Robin-Lee Appolis (30) is tot ses jaar gevangenisstraf deur die Springbok-streekhof gevonnis, nadat ‘n ongeluk twee kinders se lewens geëis het.
Kapt. Ivan Magerman sê die voorval het op 17 Oktober 2020 op die Homeb-pad naby Concordia plaasgevind toe Appolis, wat ‘n bakkie bestuur het, beheer oor die voertuig verloor het. Die twee kinders het op die laaibak van die voertuig gery en is noodlottig tydens die ongeluk beseer.
Brig. Schalk Andrews, die distrikskommissaris, het die vonnis verwelkom en die polisie se ondersoekspan, in besonder lt.kol. Harold Magerman, geprys vir deeglike werk in die saak.





