R2 m. se dwelms in Gqeberha gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Die polisie het ’n groot hoeveelheid dwelms, met ’n beraamde straatwaarde van sowat R2 miljoen, in Cotswold tydens ‘n operasie saam met ‘n privaat veiligheidsmaatskappy in beslag geneem.

Brig. Nobuntu Gantana sê polisiebeamptes is Woensdagaand op patrollie deur veiligheidspersoneel ingelig oor ’n verdagte man by ’n stoor. Die man het glo ’n alarm van die stoor laat afgaan, waarna veiligheidspersoneel hom deursoek en vermoedelik dwelms by hom gevind het. Toe die polisie opdaag, het hy ’n swart plastieksak laat val en oor ’n hoë muur gevlug. Hy is steeds op vrye voet.

Polisiebeamptes het die sak deursoek en op sowat 217 gram crack-kokaïen, 889,5 gram kristalmetamfetamien en 303 kilogram saamgeperste dagga beslag gelê. ’n Rooi Mini Cooper is ook deur die beamptes geskut.

Die ondersoek duur voort en pogings is aan die gang om die verdagte op te spoor. Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief