Mbense-moordsaak – Opod verwelkom stappe teen polisiebeamptes

Lees ook :

Foto: Emmanuel Mbense - AfriForum

GAUTENG. – Opod verwelkom die instel van dissiplinêre stappe teen twee polisiebeamptes wat glo verbind word aan die moord op 22 April 2022 op Emmanuel Mbense, wat van roof op 14 April 2022 in Boksburg verdink was. Sy liggaam is na bewering in opdrag van EMPD-beamptes in ‘n Germiston-dam gestort. Altesaam vier polisiebeamptes, drie Ekurhuleni-metropolisiebeamptes en vyf burgerlikes word by die saak betrek.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê kort gelede in ‘n verklaring Opod het sy verslag voltooi en aan die direktoraat van opgenbare vervolgings oorhandig vir ‘n besluit. Opod het ook aanbeveel dat dissiplinêre stappe teen die betrokke beamptes ingestel moet word. Die polisie het reeds opgetree teen twee van sy beamptes; twee ander polisiebeamptes is reeds oorlede.

Terugvoer van die EMPD is nog uitstaande. Volgens die Opod-wet moet die betrokke instansies binne 30 dae optree en skriftelike terugvoer aan Opod en die polisieminister gee oor die vordering van die dissiplinêre prosesse. Die polisie het intussen skriftelik bevestig dat dissiplinêre sanksies teen twee konstabels ingestel is. Hul name word egter nie bekend gemaak nie, aangesien ’n besluit oor moontlike vervolging nog van die nasionale vervolgingsgesag afgewag word.

Die ondersoek en moontlike vervolging duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief