President Ramaphosa in Spanje oor wêreldkrisis

Lees ook :

Afgevaardigdes by die inisiatief genaamd Ter verdediging van Demokrasie in Barcelona. Foto: Facebook: The Presidency of the Republic of South Africa

BARCELONA. – President Cyril Ramaphosa is op ‘n ampsbesoek aan Spanje, waar hy deelneem aan die inisiatief genaamd Ter verdediging van Demokrasie (TVD) in Barcelona. Die doel van die inisiatief is om te besin oor die toenemende wêreldwye uitdagings wat demokratiese nasies in die gesig staar.

Die president het die dringende behoefte aan kollektiewe optrede en hernieude internasionale samewerking beklemtoon.

“Ons kom hier in Barcelona byeen in ’n tyd wanneer die wêreld in ’n krisis verkeer. Dit is ’n tyd van aggressie, oorlog, konflik en vernietiging. Die beginsels van solidariteit, samewerking en vriendskap word uitgedaag deur die herlewing van eng nasionalisme, vooroordeel en onverdraagsaamheid,” het Ramaphosa gesê.

Hy sê voorts dat, alhoewel dit ’n tyd van krisis is, nasies nie moet twyfel of in wanhoop verval nie, maar eerder moet optree en help om ’n meer inklusiewe wêreld te vorm. Hy voeg by dat ’n “globale progressiewe herlewing” aan die gang is. Ten slotte het hy mense aangemoedig om deel te wees van die bou van ’n beter en meer regverdige wêreld.

Bron: SABC Nuus

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief