MPUMALANGA. – ’n Verdagte is in hegtenis geneem nadat twee mense in Graskop aangetref is, wat ontvoer is en daarna aan die brand gesteek is.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die misdaadtoneel is aktief. Kol. Mavela Masondo is op pad na die toneel.
Indien meer inligting beskikbaar gestel word, sal Nuusflits sy lesers op hoogte bring van die gebeure.





