Skaars tier in Kazakstan vrygelaat

Lees ook :

Foto: Canva

KAZAKSTAN. – ‘n Wyfie-Amoertier (Siberiese tier), Umit, is op 31 Julie in Kazakstan se Ile-Balkhash-natuurreservaat vrygelaat as deel van ‘n projek om die Kaspiese tier se naaste familielid weer in Sentraal-Asië te vestig.

Volgens die BBC is Umit een van vier Amoer-tiere wat uit Rusland oorgeplaas is. Sy sal gemonitor word om te bepaal hoe goed sy by haar nuwe habitat aanpas voordat besluit word wanneer die ander drie vrygelaat sal word.

Die laaste bevestigde waarnemings van tiere in Sentraal-Asië was in die 1970’s, terwyl tiere reeds in 1948 uit Kazakstan verdwyn het. Hul uitsterwing is hoofsaaklik veroorsaak deur doelgerigte uitwissing, onbeheerste jag op hul prooi en die vernietiging van hul habitat weens grootskaalse besproeiingsprojekte.

Meer as 70 jaar ná hul verdwyning werk die Wêreldnatuurfonds (WWF) en die regering van Kazakstan saam aan een van Sentraal-Asië se mees ambisieuse bewaringsprojekte om die tierbevolking in die streek te herstel. Umit se vrylating is die eerste keer in meer as sewe dekades dat ‘n tier weer in die natuur in Kazakstan losgelaat is.

Bronne: https://www.wwfcentralasia.org, BBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief