MPUMALANGA. – Die polisie ondersoek ’n moordsaak en geregtelike doodsondersoek, nadat Cameron Waldeck-Cooks (17) en Ethan Coetzee (19) Maandag by ’n lodge in Sabie dood aangetref is.
Kolonel Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 07:50 na die lodge ontbied nadat die twee persone dood aangetref is. Albei is op die toneel dood verklaar. ’n Geregtelike doodsondersoek is aanvanklik geopen, maar ná die lykskouingsuitslae is ’n moordsaak bygevoeg. Die uitslae dui daarop dat die meisie moontlik verwurg is, terwyl die jong man moontlik sy eie lewe geneem het.
Die ondersoek duur voort om die volledige omstandighede rondom die twee sterftes vas te stel.





