WES-KAAP. – Vier mans is in hegtenis geneem ná ’n huisroof Saterdagaand op ’n plaas buite Clanwilliam.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Wesley Twigg, het die voorval tussen 20:30 en 21:00 plaasgevind. Onbekende verdagtes het volgens die aanvanklike beriggewing die perseel binnegegaan, die slagoffers vasgebind en met juweliersware, bankkaarte en ander toerusting gevlug. Die gesteelde goedere is teruggevind. Clanwilliam-polisie het ’n saak van huisroof vir verdere ondersoek geregistreer.
Die verdagtes sal in die hof verskyn, sodra hulle aangekla is.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: