OOS-KAAP. – Die ma van ‘n gevangene is Saterdag gearresteer toe sy glo onwettige items na hom in die St. Albans Medium B Korrektiewe Sentrum probeer smokkel het.
Die departement van korrektiewe dienste sê die seun, wat ‘n 20 jaar vonnis vir ernstige misdade uitdien, het glo vir sy ma instruksies oor die items gegee. Die ma is deur beamptes van korrektiewe dienste in hegtenis geneem. Die items wat gekonfiskeer is, sluit dagga, ‘n selfoonlaaier, oorfone en ongemagtigde medikasie in.
Die DKD sê ‘n kriminele saak is oopgemaak.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: