SWEDE. – ’n Tiener (16) is in hegtenis geneem vir die skietdood van drie mense buite ’n manshaarkapper in Uppsala, Swede.
Lees ook: Drie persone in Swede buite manshaarkapper doodgeskiet
Die slagoffers was tussen 15 en 20 jaar oud. Een van hulle was aan die polisie bekend, omdat hy glo ondersoek is na ‘n beplande aanval op die familie van ‘n bendelid.
Die polisie is nog besig om die moord te ondersoek en het gesê die tiener word ondervra. Dit is onbekend wat die motief vir die moorde was, maar dit is moontlik bende-verwant.
Bronne: BBC, Sky News, ABC News
Lees ook: Drie persone in Swede buite manshaarkapper doodgeskiet
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: