KWAZULU-NATAL. – ‘n Polisievrou wat van diens was, het vanoggend (Saterdag) in ‘n beweerde moord- en selfdoodpoging in die Mangeti-gebied noord van Durban gesterf.
Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Security sê twee persone het skietwonde in die voorval opgedoen. Die polisievrou is op die toneel dood verklaar, terwyl die tweede persoon in ‘n kritieke toestand is. Dié persoon is gestabiliseer en deur Air Mercy Services lugambulans na ‘n gespesialiseerde fasiliteit gevlieg.
Die omstandighede van die skietvoorval word deur die polisie ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: