Brekende Nuus
Afrikaans

Dodetal in Oos-Kaap-oorstromings styg tot 90

Dodetal in Oos-Kaap styg tot 90

fotokrediet: X
Dodetal in Oos-Kaap styg tot 90 fotokrediet: X

OOS-KAAP. – Die dodetal ná verlede week se oorstromings het tot 90 gestyg.

Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg steeds

Volgens die Oos-Kaapse regering was 60 van die oorledenes volwassenes en 30 kinders. Die regering het gesê dit is besig om noodhulp aan families ná die oorstromings te bied. 80 liggame is reeds uitgeken en 77 liggame is aan hulle families vrygestel.

Werk word steeds gedoen om basiese dienste in die Oos-Kaap te herstel. Reddingswerk duur nog voort.

Die Oos-Kaapse regering het gesê ‘n provinsiale dag van rou sal Donderdag in Mthatha gehou word.

Bronne: EWN, SABC, The Citizen

Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg steeds