Brekende Nuus
Afrikaans

Veldbrand op Griekse eiland veroorsaak massa-ontruiming

Veldbrand op Griekse eiland veroorsaak massa-ontruiming

fotokrediet: X
Veldbrand op Griekse eiland veroorsaak massa-ontruiming fotokrediet: X

KRETA, GRIEKELAND. – Sowat 3 000 mense is ontruim ná ’n massiewe veldbrand op die Griekse eiland Kreta uitgebreek het.

Lees ook: Verskeie mense dood weens hittegolf in Europa

Die brand het Woensdag begin nadat dit deur hewige winde versprei is. Huise, toeristebehuising en kritiese infrastruktuur, insluitend ’n vulstasie, is in brandgevaar.

Die brand is een van vele wat die week uitgebreek het ná ’n erge hittegolf Europa getref het. 50 000 mense moes in Turkye ontruim word weens veldbrande in Izmir.

Sowat ses mense is in Spanje, Italië en Frankryk weens die hittegolf dood.

Kenners het gesê die hittegolf is deur klimaatsverandering vererger.

Bronne: BBC, The Mirror, The Independent

Lees ook: Verskeie mense dood weens hittegolf in Europa