Brekende Nuus
Afrikaans

Donald Trump dreig met nog meer tariewe oor Brics

Donald Trump dreig met nog meer tariewe oor BRICS

fotokrediet: Canva
Donald Trump dreig met nog meer tariewe oor BRICS fotokrediet: Canva

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gedreig om nog meer tariewe in te stel vir lande wat die “anti-Amerikaanse” beleid van die Brics-lande ondersteun.

Lees ook: Trump kondig tariewe op meer as 60 lande aan

Trump het gedreig om nog ’n 10%-tarief te hef op “enige land wat die Brics-lande se anti-Amerikaanse beleide ondersteun”. Hy het nie gesê na watter beleide hy verwys nie.

Die aankondiging kom terwyl Suid-Afrika probeer om ’n handelsooreenkoms met die VSA te bereik om die 31%-tarief wat Trump op Suid-Afrika wil instel, na 10% te verminder.

Trump het op 2 April nuwe tariewe vir lande aangekondig om die handelstekort met die VSA reg te stel.

Nog geen ooreenkoms is met die VSA bereik nie.

Bronne: BusinessTech, CNN, BBC

Lees ook: Trump kondig tariewe op meer as 60 lande aan