Brekende Nuus
Afrikaans

Franse polisie vang gevangene wat in wasgoedsak ontsnap het

Franse polisie vang gevangene wat in wasgoedsak ontspan het

fotokrediet: Canva
Franse polisie vang gevangene wat in wasgoedsak ontspan het fotokrediet: Canva

FRANKRYK. – Die gevangene (20) wat in sy vrygelate selmaat se wasgoedsak ontsnap het, is vandag ná net drie dae van vryheid in hegtenis geneem.

Lees ook: Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’

Die man, identifiseer as Elyazid A, is in Santhonay-Camp, naby Lyon, in ’n kelder gevind en in hegtenis geneem. ’n Rooi kennisgewing is deur Interpol uitgereik ure ná Elyazid A ontsnap het. Hy word ondersoek vir bande met georganiseerde misdaad en dien verskeie vonnisse uit, insluitend ’n vonnis vir moord.

 Die man in wie se sak Elyazid A geskuil het, word steeds gesoek vir sy moontlike betrokkenheid in die ontsnapping.

Lyon se aanklaer ondersoek Elyazid A se ontsnapping en bande met misdadaadorganisasies. Die tronkdiens het ook ’n interne ondersoek geloods oor die ontsnapping en het gesê “alle behoorlike dissiplinêre stappe sal geneem word”.

Bronne: Euronews, Yahoo News, CNN

Lees ook: Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’