Brekende Nuus
Afrikaans

Mense beseer ná vuurwerkvertoning by fees in Duitsland skeefloop

fotokrediet: Canva
fotokrediet: Canva

DUITSLAND. – Duitse owerhede het gesê 19 mense is beseer nadat ’n vuurwerkvertoning by ’n fees in Düsseldorf Vrydag skeefgeloop het.

Lees ook: Vyf dood in massaskietery – tien verdagtes gesoek

Die vuurwerk het op byna grondvlak afgegaan by die Rheinkirmesfees langs die Rynrivier.

Volgens die Düsseldorf-brandweerdiens is die polisie besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: The Independent, DW, The Western Telegraph

Lees ook: Vyf dood in massaskietery – tien verdagtes gesoek