KENIA. – Ses mense is dood, insluitend twee in ’n gebou, nadat ’n ligte vliegtuig wat aan ‘n mediese liefdadigheidsorganisasie behoort het, in Nairobi, Kenia, in ‘n woongebied neergestort het.
Lees ook: VSA eis deposito van $15 000 vir visumaansoekers
Die vliegtuig behoort aan Charity Amref Flying Docters, wat gesê het die Cessna-vliegtuig het gister by die Wilson-lughawe opgestyg op pad na Hargeisa in Somalië toe dit neergestort en aan die brand geslaan het.
Ses van die insittendes op die vliegtuig is dood, insluitend dokters, verpleegsters en die vlieënier. Twee mense op die grond is ook gedood en twee is beseer.
Ondersoekers is besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek. Volgens die Keniaanse siviele lugvaartowerheid het die vliegtuig radio- sowel as radarkontak met die lugbeheer verloor slegs drie minute nadat dit opgestyg het.
Bronne: BBC, Newsweek, The Sun
Lees ook: VSA eis deposito van $15 000 vir visumaansoekers