Brekende Nuus
Afrikaans

Aardbewing van 7.8 tref Kamchatka, Rusland

7.8 aardbewing tref Kamchatka, Rusland

fotokrediet: Canva
7.8 aardbewing tref Kamchatka, Rusland fotokrediet: Canva

KAMCHATKA, RUSLAND. – ‘n Aardbewing van 7.8 op die Richterskaal het vanoggend Kamchatka in Rusland getref. ‘n Tsoenami-waarskuwing is vir die gebied en so ver as Alaska uitgereik, maar is intussen gekanselleer.

Lees ook: Aardbewing van 7.4 tref Rusland

Owerhede het gesê golwe van 30 en 62 cm is langs die Kamchatka-kus ná die aardbewing aangemeld. Goewerneur Wladimir Solodov het gesê alle nooddienste is in ‘n staat van gereedheid, maar dat nog geen skade aangemeld is nie.

Naskokke van tot 5.8 is aangemeld.

Bronne: The Independent, USA Today, Newsweek

Lees ook: Aardbewing van 7.4 tref Rusland