Brekende Nuus
Afrikaans

Valke red ontvoerde buitelandse burger, drie in hegtenis

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die Valke het ’n 35-jarige vrou van die Filippyne gered wat op 28 Augustus deur drie gewapende mans ontvoer is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Avele Fumba, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die slagoffer is glo in ’n VW Polo gedwing en op 11 September is ’n losprys vir haar vrylating geëis. Ná ’n ondersoek het die Valke se ontvoeringstaakspan, saam met die Oos-Londense taktiese reaksiespan, opsporingseenheid en Guardian Defence, is die plek waar die slagoffer aangehou is, opgespoor. Die polisie het ’n beplande operasie uitgevoer, die vrou ongedeerd bevry en die verdagtes tussen 30 en 40 jaar oud in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort op aanklagte van ontvoering en verwante misdrywe in die hof verskyn.