Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Bou van swembad van Olimpiese standaard by St. Charles College begin

Foto: Skermskoot St. Charles Kollege video-opname
Foto: Skermskoot St. Charles Kollege video-opname

KWAZULU-NATAL. – ’n Groot mylpaal is by St. Charles College bereik met die aanvang van die bou van Suid-Afrika se eerste 50-meter Olimpiese standaard swembad. Hierdie nuwe fasiliteit sal nie net elite swemmers bedien nie, maar ook gesinne, skole en die gemeenskap as geheel.

Die kollege sê in ‘n sosialemediaplasing vragmotors, betonmengers en bouspanne was van vroeg in die oggend tot laat in die middag besig om die fondamente te lê. Hierdie werk maak duidelik dat ’n droom van ’n wêreldklas waterfasiliteit nou werklikheid begin word.

AquaPark sê dat hulle nie net ’n swembad bou nie, maar ’n nalatenskap vir toekomstige geslagte wil skep wat generasies swemmers sal inspireer.