Brekende Nuus
Afrikaans

Tienerseun deur dwaalkoeël getref

Foto: Ter illustrasie
Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Seun (14) is Dinsdagoggend, omstreeks 07:30 op die hoek van Beret- en 11de Laan in Gabba Village, Leonsdale deur ‘n dwaalkoeël getref. Die Elsiesrivier-polisiekantoor ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits polisiebeamptes is na ‘n klagte van ‘n skietvoorval by die adres. Met hulle aankoms op die toneel was die seun reeds vir behandeling na ‘n mediese fasiliteit geneem. Die seun is by die fasiliteit met ’n skietwond in die maag aangetref.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek; die motief vorm deel van die polisieondersoek.