Brekende Nuus
Afrikaans

Wenner van Paralimpiese goue medalje Paige Greco (28) oorlede

Paralimpiese goue medalje wenner Paige Greco (28) oorlede

fotokrediet: X
Paralimpiese goue medalje wenner Paige Greco (28) oorlede fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – Die Paralimpiese gouemedalje-wenner Paige Greco is gister in die ouderdom van 28 oorlede ná ‘n “skielike mediese episode”.

Lees ook: Huldeblyke stroom in ná dood van Franklin Sonn, oudambassadeur

Sy het goud gewen in die 2020 Paralimpiese Spele in Tokio in die C1- 3 3000 m-wedloop vir vroue, asook twee brons medaljes. Greco het nog in Augustus van die jaar brons gewen by die Para-Cycling Road-wêreldkampioenskap in België.

Greco is in haar huis in Adelaide oorlede. Haar ma het in ‘n verklaring gesê: “Die familie is platgeslaan deur haar dood, maar is baie trots op die persoon wat sy was en die manier waarop sy Australië verteenwoordig het”.

Bronne: Metro, ABC, BBC

Lees ook: Brutus, Rondevlei se eerste en bekendste seekoei, op 47 dood