Brekende Nuus
Afrikaans

Swaar reën lei tot oorstromings in Italië

Swaar reën lei tot oorstromings in Italië

fotokrediet: X
Swaar reën lei tot oorstromings in Italië fotokrediet: X

ITALIЁ. – Swaar reën het gister tot oorstromings in die noord-oostelike dele van Italië gelei. Verskeie dorpe in die Friuli-streek is oorstroom en noodgevalle is deur plaaslike owerhede verklaar.

Lees ook: Onderwyser dood en 25 meisies ontvoer by skool in Nigerië

Brandbestryders is besig met reddingswerk. Inwoners wat in hulle huise vasgekeer is, word met behulp van rubberbote na veiligheid geneem.

‘n Soektog is ook aan die gang vir twee mense wat vermis is nadat ‘n modderstorting hulle in Brazzano di Cormons meegesleur het.

Noodspanne is besig om die omvang van die skade vas te stel.

Bronne: Euronews, The Star, Brussels Reporter

Lees ook: Onderwyser dood en 25 meisies ontvoer by skool in Nigerië