Brekende Nuus
Afrikaans

Selfdoodbomaanval in Pakistan dood 5

5 mense dood in selfdoodbomaanval in Pakistan

fotokrediet: X
5 mense dood in selfdoodbomaanval in Pakistan fotokrediet: X

PAKISTAN. – Vyf mense is dood nadat twee selfdoodbomaanvallers die hoofkantoor van ‘n Pakistanse paramilitêre mag vanoggend aangeval het. Vyf veiligheidsbeamptes en sewe burgerlikes is in die aanval beseer.

Lees ook: Israel dood Hezbollah-leier in Beiroet

Vyf veiligheidsbeamptes en sewe burgerlikes is in die aanval beseer.

Volgens Pakistanse owerhede was die aanval ‘n “terreuraanval wat gestop is” nadat die aanvallers by die hek van die gebou doodgeskiet is voordat hulle by die hoofkantoor kon inkom.

Reddingswerkers is steeds op die toneel. Nog geen groep het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie; die aanvallers se identiteit is nog onbekend.

Bronne; BBC. Khaleej Times, Punch Newspapers

Lees ook: Israel dood Hezbollah-leier in Beiroet