Brekende Nuus
Afrikaans

Man verdrink nadat hy glo met kind in water spring

Foto: Ter illustrasie
Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Volwasse man is dood ná ’n voorval by die Duncan-dokke, Tafelbaai-hawe, terwyl ’n seun (5) na ‘n hospitaal geneem is. Die voorval het vanoggend (Donderdag) net ná 10:00 plaasgevind.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê ‘n boodskap van ‘n verdrinking is ontvang. Alle rolspelers is geaktiveer. Die kind is deur omstanders gevind en in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal vervoer.

Daar is na die volwassene, die kind se pa, wat in die water vermis geraak het, gesoek. Sy liggaam is later deur NSRI- en polisieduikers opgespoor en aan wal gebring. Hy is dood verklaar. Die owerhede ondersoek die omstandighede van die voorval. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Volgens Fight Against Crime SA (Facsa) het die man vermoedelik saam met sy kind in die water gespring. Die Facsa-insidentverslag dui moontlike selfdood aan.