Brekende Nuus
Afrikaans

Hysbak met hospitaalwerkers val na benede

'n Hysbak met werknemers het by Rob-Ferreira hospitaal van die eerste vloer na benede geval.

Foto: Rob Ferreira Facebook-blad
Foto: Rob Ferreira Facebook-blad

MPUMALANGA. – ‘n Hysbak met 13 werknemers van Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela (Nelspruit) het Maandag van die eerste vloer na benede geval. Niemand is beseer nie.

Die insident, wat omstreeks 14:00 gebeur het, is deur die Mpumalanga-gesondheidsdepartement bevestig.

‘n Ondersoek is geloods en al die hysbakke in die hospitaal sal nagegaan word.

Bronne: Die Laevelder, Mbombela News-Online en News365