VRYSTAAT. – Motlalepule Mofokeng (38) is Woensdag vir 10 jaar deur die Bloemfontein-landdroshof tronk toe gestuur nadat hy in 2017 by ‘n huis in Brickstraat, in Universitas ingebreek het.
Volgens sers. Ikobeng Hlubi is Mofokeng se DNS-resultate wat hom positief met die inbraak verbind reeds op 31 Mei 2021 ontvang.
Hlubi sê Mofokeng is daarna formeel vir die inbraak en diefstal aangekla, waartydens onder meer juwele en ‘n skootrekenaar gesteel is. Die hofsaak het voorgekom totdat hy Woensdag skuldig bevind en gevonnis is.
Hlubi sê die ywerige werk van speur.sers. Jacob Kotwane van die Mangaung DNS -takspan het tot die suksesvolle vonnis gelei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.