Brekende Nuus
Afrikaans

Spanning tussen Taiwan en China na vissermanne verdrink

China het reageer deur meer patrollies in Taiwan se water te doen en het Maandag aan boord van ‘n Taiwannese toeristeboot gegaan.

Spanning tussen Taiwan en China na vissermanne verdrink fotokrediet: Canva
Spanning tussen Taiwan en China na vissermanne verdrink fotokrediet: Canva

Lees ook: Prins Harry glo gekeer om by koning Charles te bly

KINMEN, TAIPEI. – Daar is spanning tussen Taiwan en China na twee Chinese vissermanne verlede week oorlede is na die Taiwannese kuswag hulle gejaag het.

Twee vissermanne het verdrink na die Taiwannese die boot met vier vissermanne gejaag het omdat hulle boot glo in verbode water was.

China het reageer deur meer patrollies in Taiwannese water te laat uitvoer. Maandag het die Chinese kuswag aan boord van ‘n Taiwannese toeristeboot gegaan. Taiwan het gesê China se aksie het paniek veroorsaak onder die passasiers en was in niemand se belang nie.

Hulle het gesê hulle hoop die spanning kan opgelos word deur rasionale kommunikasie.

Bronne: The Star, AP News, CNA

Lees ook: Prins Harry glo gekeer om by koning Charles te bly