Brekende Nuus
Afrikaans

Minki stel reeks juweliersware vry

“MINKI is die hoogtepunt van alles wat ek oor die dekades geleer het terwyl ek blootgestel is aan wonderlike stukke deur bekende ontwerpers."

Minki stel juweliersware-reeks vry. Foto's: Facebook en riesography
Minki stel juweliersware-reeks vry. Foto's: Facebook en riesography

STELLENBOSCH, WES-KAAP. – Die televisiepersoonlikheid en aanbieder, Minki van der Westhuizen, het onlangs haar nuwe juwelierswarereeks, MINKI, by Stellenzicht Wine Estate in Stellenbosch bekendgestel.

“MINKI is die hoogtepunt van alles wat ek oor die dekades geleer het terwyl ek blootgestel is aan wonderlike stukke deur bekende ontwerpers, saam met die begeerte om ’n nalatenskap te skep wat liefde, skoonheid en samesyn vier,” sê Minki op haar reeks se webblad.

Talle bekendes waaronder Anita Lloyd het die bekendstelling bygewoon.

Bronne: minki.co.za, Instagram, Facebook