Brekende Nuus
Afrikaans

Kinderverkragter kry drie keer lewenslange tronkstraf

Die verkragter is in Desember 2023 in hegtenis geneem.

Kinderverkragter kry drie keer lewenslank. Foto ter illustrasie: Canva
Kinderverkragter kry drie keer lewenslank. Foto ter illustrasie: Canva

GIYANI, LIMPOPO. – Cliff Chauke (34) is Vrydag drie lewenslange vonnisse vir verkragting in die Giyani-streekhof opgelê.

Hy is skuldig bevind op aanklagte van die verkragting van drie meisies. Die eerste insident het in Februarie 2020 in Giyani plaasgevind waar hy twee jong meisies van die straat ontvoer en verkrag het. Chauke is gearresteer, maar is op borgtog vrygelaat.

Die tweede insident het in November 2021 plaasgevind toe hy nog ’n meisie (14) ontvoer en verkrag het. Sy is later vrygelaat en hy is in Desember 2023 in hegtenis geneem.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom.

Bron: SAPD