Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Little Rascals-‘bankrowers’, een 11 jaar, vasgetrek

Die Little Rascals-bankrowers, van wie die jongste 11 jaar oud is, het glo op 14 Maart 'n bank in Texas beroof en is in hegtenis geneem.

Foto: FBI Houston
Foto: FBI Houston

HOUSTON, TEXAS, VSA.

Drie beweerde bankrowers, oftewel die Little Rascals soos hulle genoem word, onderskeidelik slegs 11, 12 en 16 jaar oud, het op 14 Maart die Wells Fargo-bank in Houston, Texas, beroof.

Die trio, wat beslis nie soos in die film met dieselfde naam optree nie, het glo ‘n dreignota aan ‘n teller oorhandig, ‘n onbekende bedrag geld gebuit en gevlug.

Foto’s van die drie “bankrowers” is vrygestel en volgens die FBI, wat die misdaad in geen komiese lig sien nie, het twee van hulle se ouers kontak gemaak en hulle seuns aan die owerhede oorhandig. Die derde kind is ook deur die owerhede geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Die drie minderjariges is vir roof deur middel van ‘n dreigement aangekla.

Bronne: Inside Edition, NBC News en USA Today