Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Brand breek uit teen hange van Duiwelspiek

Geen skade aan eiendom is tot dusver aangemeld nie.

Brand breek uit op hange van Devil’s Peak. Foto: SANParke
Brand breek uit op hange van Devil’s Peak. Foto: SANParke

KAAPSTAD, WES-KAAP. – ’n Brand het Vrydagaand net voor 19:45 teen die hange van Duiwelspiek in Kaapstad uitgebreek.

Brandbestryders het ongeveer twee uur gesukkel om die brand onder beheer te bring. Die spanne het die situasie deurnag gemonitor om verdere brande en verspreiding te voorkom.

Volgens Lauren Clayton, woordvoerder van Tafelberg Nasionale Park, is hulle vanoggend weer besig met skoonmaakoperasies.

JP Smith, stadsraadlid, meen sterk wind het die blus van die brand bemoeilik. “As gevolg van die brand moes Philip Kgosanaweg gesluit word.” Die pad is intussen oopgestel.

Geen skade aan eiendom is tot dusver aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend gemaak nie.

Inwoners het die volgende beeldmateriaal op sosiale media geplaas:

Bronne: JP Smith Facebook-blad, SANParke, Prime Media Plus, Twitter