Brekende Nuus
Afrikaans

Man in hegtenis wat glo sterwende meisie afneem

'n Man wat glo sy meisie doodsteek en daarna foto's en video's van haar sterwensoomblikke versprei, is in hegtenis geneem.

Foto: Flying News Live Update ZA 365/24/7
Foto: Flying News Live Update ZA 365/24/7

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (27) wat glo Sondag sy meisie in ‘n woonstel in Joseph Ndulistraat in Durban-Sentraal doodgesteek en na bewering foto’s en video’s van haar sterwensoomblikke geneem het, is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Robert Netshiunda sê die voorval het vroegoggend gebeur, waarna foto’s en video’s daarvan na verskeie persone gestuur en ook op sosiale media geplaas is.

Netshiunda verduidelik die paartjie het glo alkohol en ander middels gebruik wat tot die voorval kon bydra. Die moontlike oorsaak van die verdagte se dade is egter nie bekend nie.

Hy sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Die verdagte is glo ‘n metropolisiebeampte, so ook was die oorledene.

Bronne: SAPD en Flying News Live Update ZA 365/24/7