Brekende Nuus
Afrikaans

Reddingspogings duur voort na Taiwannese aardbewing

Reddingswerkers is in kontak met 101 van die mense in die tonnels vasgekeer maar hulle het met 46 kontak verloor.

Reddingspogings duur voort na Taiwannese aardbewing

fotokrediet: Skermgreep
Reddingspogings duur voort na Taiwannese aardbewing fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Dosyne mense sit vas in tonnels na Taiwannese aardbewing

TAIWAN. – Reddingspogings in Taiwan duur steeds voort na ‘n 7.4-aardbewing gisteroggend plaasgevind het. Honderde mense sit steeds in hoofwegtonnels vas.

Nege mense is oorlede en 1 050 is beseer. Ses myners is met die gebruik van ‘n helikopter gered terwyl reddingswerkers steeds by die hoofwegtonnels probeer inkom. Reddingswerkers is in kontak met 101 van die mense in die tonnels vasgekeer maar hulle het met 46 kontak verloor.

Daar was tot dusver meer as 300 naskokke op die eiland gevoel.

Bronne: IOL, CNN, USA Today

Lees ook: Dosyne mense sit vas in tonnels na Taiwannese aardbewing