Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Bejaarde sterf toe olifant aanval

'n Bejaarde het gesterf toe 'n olifant Saterdag 'n voertuig op 'n wildsrit met toeriste aangeval en dit gerol het.

Foto: Dras Neves Facebook-blad
Foto: Dras Neves Facebook-blad

Fotokrediet: Dras Neves Facebook-blad

‘n Bejaarde vrou (80) het Saterdag gesterf toe ‘n olifant in die Kafue- nasionale park by die Lufupa-rivierkamp in Zambië op ‘n voertuig met toeriste afgestorm en die voertuig gerol het.

In die video kan gesien word hoe die olifant uit die bosse aangehardloop kom, sonder dat die insittendes van die voertuig, wat op ‘n wildrit is, weet wat volgende gaan gebeur.

Daar kan gehoor word hoe ‘n persoon probeer om die olifant te verwilder en dan is die video-opname chaoties soos wat die voertuig drie keer rol.

Buiten die sterfte is twee insittendes beseer en moes na Lusaka gevlieg word.

Windoek Observer berig Tarryn Gibson van Wilderness Destinations sê nog ‘n vrou is ernstig beseer. Die voertuig het nog vier insittendes gehad. Keith Vincent, Wilderness se hoof- uitvoerende beampte, sê die terrein en bosse het die roete vir die gids bemoeilik, sodat hy nie vinnig genoeg kon omdraai nie. Hy het medelye betoon met die familie van die gas wat gesterf het.

Bronne: Windhoek Observer, eBlockwatch en Roar Wildlife News