Brekende Nuus
Afrikaans

Ses in inkopiesentrum in Australië doodgesteek

Ses persone is gistermiddag deur Joel Cauchi in 'n inkopiesentrum in Sydney, Australië, doodgesteek.

Foto: 5Pillars
Foto: 5Pillars

Ses persone is gistermiddag deur Joel Cauchi (40), wat alleen opgetree het, in die Westfield-inkopiesentrum in Bondi Junction, Sydney, Australië doodgesteek. Vier vroue en ‘n man is op die toneel dood terwyl nog ‘n vrou later in ‘n hospitaal gesterf het.

‘n Aantal beseerde slagoffers is in hospitale behandel. ‘n Baba (9 mnde.) was onder die kritiek beseerdes en moes ‘n operasie ondergaan. Ash Good, die baba se ma, het tydens die voorval gesterf.

Amy Scott, ‘n polisie-inspekteur wat naby was toe die voorval plaasgevind het, het die aanvaller op die toneel doodgeskiet toe hy sy mes vir haar lig, en word as ‘n heldin bestempel.

Die voorval het gistermiddag chaos onder inkopiegangers veroorsaak wat hulleself probeer beskerm het deur in winkels weg te kruip.

Cauchi het blykbaar volgens owerhede ‘n geestesgesondheidsiekte gehad. Hulle is van mening die voorval is nie terreurverwant nie.

Bronne: ABC.net.au, 9 News, CNN, ABC News en BBC