Brekende Nuus
Afrikaans

Liggaam van vierde slagoffer van brugineenstorting gekry

Werkers wat besig was om slaggate op die brug reg te maak is oorlede na ‘n vragskip 26 Maart met die brug gebots het.

Liggaam van vierde slagoffer van brugineenstorting gekry

fotokrediet: Skermgreep
Liggaam van vierde slagoffer van brugineenstorting gekry fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het

BALTIMORE, VSA. – ‘n Vierde slagoffer se liggaam is ontdek na die ineenstorting van die Francis Scott Key-brug in Baltimore.

Werkers wat besig was om slaggate op die brug reg te maak, is dood na ‘n vragskip op 26 Maart teen die brug gebots het.

Die man se liggaam is in ‘n konstruksievoertuig in die water gevind. Hy is geïdentifiseer as Carlos Daniel Hernández. Die liggame van Maynor Suazo Sandoval en Dorlian Castillo Cabrera is voorheen gevind.

Die liggame van Miguel Luna en José Mynor López is nog vermis.

Bronne: New York Daily News, Huff Post, NBC News

Lees ook: Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het