Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Vloede saai verwoesting in China

Kyk: Vloede saai verwoesting in China. Foto: News 18
Kyk: Vloede saai verwoesting in China. Foto: News 18

GUANGDONG, CHINA. – ’n Waarskuwing vir erge vloede is Sondag vir die Guangdong-provinsie in die suide van China uitgereik nadat die Xijiang- en Beijiang-rivierkomme hoë volumes water gekry het.

Stortreën wat sedert Donderdag regoor die provinsie val, het verskeie modderstortings in van die bergagtige dele veroorsaak.

’n Waarskuwing is uitgereik vir vloedwater van meer as 5.8 m hoog. Nagenoeg 1.16 miljoen huise is sonder krag terwyl meer as 1 000 skole in Zhaoqing, Shaoguan en Qingyuan aangekondig het hulle gaan Maandag gesluit wees.

Die Guangxi-provinsie, wes van Guangdong, het Sondag stormsterk winde en ’n groot hoeveelheid modderstortings aangeteken.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media gelaai:

Bronne: Channel News Asia, The Citizen, SABC, X